Thursday, March 11, 2010

UIT MY ATELJEE...

Watter oneindige herinneringe maak die see se ontstuimigheid nie in n mens wakker nie! soms kalm soos n tevrede siel, ander kere onrustig soos die naamlose gejaagdheid in eie gemoed! laasgenoemde is inelkgeval die bewys van n gejaag na niks...
Hou op jaag- in rustigheid kan jy soveel meer dink, om nie te praat van DROOM nie. Wonderlike idees kom vat pos wat daai lekker goedvoel hormone afskei en n mens opgewonde laat wees oor selfs die kleinste van nietighede, wat soms groot drome baie toereikender laat lyk en talle kere waargemaak is!
In klein dingetjies le gewoonlik die grootste vreugde soos-
om jou spore op die strand te los...
die ysige heerlikheid van branders oor jou voete te voel...
n gaatjie te forseer deur die lae papier waarin jou stoomwarm slap chips toegedraai le en jy al blasende die eerste een probeer afsluk, sommer so sonder sout!
die geluid van eerste reendruppels op jou dak...
die voorreg van n beker soetwarm koffie...
warm wolsokkies innie winter...
die lekkerkry van n spoelklip innie palm van jou hand...
n skulp se reuk...
die altyd vrygewige wind in jou hare...
ontelbare sterre se blink, in n oneindige hemelruim...
om my baie klein vreugdes met jou te deel...

4 comments:

  1. Dit is ongelooflik hoe you omgewing jou kan dryf om so mooi te skryf. Kan nie wag om die volgende blog te lees nie. Ek het toe ook sommer vir my 'n blogspot gemaak, aangesien ek self iemand is wat van skryf hou. Dit is anders, maar dit is ek. Keep up the good work moekie!!! 10 uit 10

    ReplyDelete
  2. thanks Riandra!!! het jy AL die blogs gelees?
    by the way, jy`s UITERS UNIEK jy weet seker ne! Ek glo jou wonderlike pa is erg trots op jou... lovies x ek sien uit om jou breinkinners te lees!!!

    ReplyDelete
  3. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  4. Ek is nog besig om al moekie se blogs te lees, ek lees so paar elke keer wat ek opkom. Dis so goed,defnintief die hart van 'n ware skrywer.

    ReplyDelete