Thursday, March 11, 2010

UIT MY ATELJEE...

Watter oneindige herinneringe maak die see se ontstuimigheid nie in n mens wakker nie! soms kalm soos n tevrede siel, ander kere onrustig soos die naamlose gejaagdheid in eie gemoed! laasgenoemde is inelkgeval die bewys van n gejaag na niks...
Hou op jaag- in rustigheid kan jy soveel meer dink, om nie te praat van DROOM nie. Wonderlike idees kom vat pos wat daai lekker goedvoel hormone afskei en n mens opgewonde laat wees oor selfs die kleinste van nietighede, wat soms groot drome baie toereikender laat lyk en talle kere waargemaak is!
In klein dingetjies le gewoonlik die grootste vreugde soos-
om jou spore op die strand te los...
die ysige heerlikheid van branders oor jou voete te voel...
n gaatjie te forseer deur die lae papier waarin jou stoomwarm slap chips toegedraai le en jy al blasende die eerste een probeer afsluk, sommer so sonder sout!
die geluid van eerste reendruppels op jou dak...
die voorreg van n beker soetwarm koffie...
warm wolsokkies innie winter...
die lekkerkry van n spoelklip innie palm van jou hand...
n skulp se reuk...
die altyd vrygewige wind in jou hare...
ontelbare sterre se blink, in n oneindige hemelruim...
om my baie klein vreugdes met jou te deel...

Saturday, March 6, 2010

UIT MY ATELJEE... soos blare in...

die afgelope tyd was n tyd vir waai... hoe dan anders? Dis mos Herfs en waar kry jy n mooier seisoen..oppad biblioteek toe, moes ek opslag my sandale uitskop en die hopie droe blare met my groottoon innie lug skop net om lekker te kan kry as hulle so sag terugdwarrel grond toe. Hoeveel male het ek dit al in my lewe gedoen, uit pure verwondering!
Die afgelope week het ek soggens vroeg buite gesit en koffie drink om my voels dop te hou by hulle voerplek maar hulle nie raakgesien nie.. my eie goudkleurige herfsblare het saggies, versigtig deur ons Laventel en skulptuin gedans. Ons heel eerste herfsblare vandat ons hier by die see bly! ek was so bang hulle waai deur die hekkie, hulle moes net hier by my bly- ek wou dadelik my potlood en sketsboek gaan haal maar, soos alle dinge moet verbygaan en ons sommige dinge nie vir ewig kan vashou nie het ek van besluit verander. Ek sou hulle skoonheid indrink en die kleurvolle herinnering in my hart wegpak vir eendag wanneer ek oud is- wat n lieflike herinnering!
Oral in ons blyplekkie sal jy vere en droe blare in mandjies sien uitloer, hulle kom van ander plekke en maak baie herinneringe in my los..
So dra ek seevoel vere ook aan as ek hulle sien rondwaai oppie strand want so lief as wat ek is vir seevoels gaan ek dit nie regkry om n vlieende voel huistoe te sleep nie. Die vere moet maar doen...
Ja vir Adrian was daar ook die naweek n gewaaiery. Sy kinders wat hy drie jaar gelede gesien het was n paar dae hier uit Londen. Niemand weet wanneer hy weer die voorreg sal he om hulle te sien nie. Vir ons het hulle soos blare innie herfs.. in en verby gewaai, Vashou aan hulle kon hy nie, maar die kort tydjie het n hart vol aangename herinneringe gelaat.