Monday, January 25, 2010

UIT MY ATELJEE...

HALLO WEEREENS AAN ALMAL WAT GEGROET WIL WEES!! DIS NOU MY DERDE PROBEERSLAG OP DIE BLOG- moet n mens so sukkel om by jou eie bloghoekie uit te kom? ek voel wraggies skoon ontuis hier man! hoe is dit moontlik dat niemand nog gereageer het op my gesels stukkies nie... iewers moet nog een wees wat mal is oor wit tekkies, blomme, skilder, skryf, natuur, see ens... `i`m watching you` as ek teen vanaand nog niks sien gebeur nie, gee ek liewer pad uit die blog-bedryf.
wees gegroet! o ja, engelse vriende net so welkom as afrikaanses!!


ERNA

UIT MY ATELJEE...

HALLO WEEREENS AAN ALMAL WAT GEGROET WIL WEES!! DIS NOU MY DERDE PROBEERSLAG OP

UIT MY ATELJEE...

HALLO WEEREENS AAN ALMAL WAT GEGROET WIL WEES!! DIS NOU MY DERDE PROBEERSLAG

Sunday, January 24, 2010

UIT MY ATELJEE...

sit ek nou hier voor die screentjie en wonder of dit net ek is wat so verlore voel? gedog teen die tyd sou iemand al iets vir my gese het... Adrian is besig om potjie te maak en ek is tyd gegee om met die volgende hoofstuk van my boek te begin. haak al weke vas by hfs. 22- sit net en wonder of dit nie lekkerder gaan wees om die skildery klaar te verf nie, daai verfreuk toor my altyd!
veral as ek die see ook nog ruik. Dis mos so lekker muwwerige reuk-elke oggend en soms innie nag as ek op die stoep uitstap kom hang daai seekombersie so om my lyf. Om dan net stil te sit en die krieke te luister met Laventel wat ok sy lekkerruik oor my uitstrooi, is mos hemels!
nee wag, net gou my blikbeker vol koffie maak en die verfkwaste uitpak.
Lekker dag vir almal wat by my ateljee via die web kom inloer...

Saturday, January 23, 2010

uit my ateljee...

se ek hallo aan almal wat gehallo wil wees! ek`s nog nuut hier op die skermpie maar as iemand wil gesels- ek skryf, dig, skilder is tans besig met die skryf van 2 boeke en werk aan digbundel.kweek kruie en gesels met hulle dis hoekom my Lavender so uitbundig blom... versamel skulpe, voer allie voels in my skulptuintjie (so groot soos n posseel) skilder-is my ander lewe met dit wat ek op my doeke skep. mal oor poesie, die onbeskryflikheid vannie natuur en my hart huil as daar n brand uitbreek ennie bome en plante en diere kannie wegvlug nie.mal oor enige vorm van kreatiwiteit, filosofie, psige vannie mens, outisme en `my eie afwykings`!lief rondepenslyfie klippe wat so babbel as die see terugtrek en gek oor seevoels! en wit tekkies...
my oudste seun se beskrywing van sy malkop ma (so special)- erna veldhuizen=ma van vele-ouma van nog meer-sangoma van die seevoels-heilige onder die insekte-feetjie vrou en moeder!