Saturday, January 23, 2010

uit my ateljee...

se ek hallo aan almal wat gehallo wil wees! ek`s nog nuut hier op die skermpie maar as iemand wil gesels- ek skryf, dig, skilder is tans besig met die skryf van 2 boeke en werk aan digbundel.kweek kruie en gesels met hulle dis hoekom my Lavender so uitbundig blom... versamel skulpe, voer allie voels in my skulptuintjie (so groot soos n posseel) skilder-is my ander lewe met dit wat ek op my doeke skep. mal oor poesie, die onbeskryflikheid vannie natuur en my hart huil as daar n brand uitbreek ennie bome en plante en diere kannie wegvlug nie.mal oor enige vorm van kreatiwiteit, filosofie, psige vannie mens, outisme en `my eie afwykings`!lief rondepenslyfie klippe wat so babbel as die see terugtrek en gek oor seevoels! en wit tekkies...
my oudste seun se beskrywing van sy malkop ma (so special)- erna veldhuizen=ma van vele-ouma van nog meer-sangoma van die seevoels-heilige onder die insekte-feetjie vrou en moeder!

2 comments:

  1. hehehe sangoma en feetjie vrou, klink of die natuur werklik iets besonders is daai kant van die wereld....dit voel eitlik verder as wat dit werklik is.

    ReplyDelete
  2. in mens se gedagte wereld kan jy wees net waar jy wil... en besluit of dit vijou mooi is of nie... daar is altyd die KEUSE

    ReplyDelete