sit ek nou hier voor die screentjie en wonder of dit net ek is wat so verlore voel? gedog teen die tyd sou iemand al iets vir my gese het... Adrian is besig om potjie te maak en ek is tyd gegee om met die volgende hoofstuk van my boek te begin. haak al weke vas by hfs. 22- sit net en wonder of dit nie lekkerder gaan wees om die skildery klaar te verf nie, daai verfreuk toor my altyd!
veral as ek die see ook nog ruik. Dis mos so lekker muwwerige reuk-elke oggend en soms innie nag as ek op die stoep uitstap kom hang daai seekombersie so om my lyf. Om dan net stil te sit en die krieke te luister met Laventel wat ok sy lekkerruik oor my uitstrooi, is mos hemels!
nee wag, net gou my blikbeker vol koffie maak en die verfkwaste uitpak.
Lekker dag vir almal wat by my ateljee via die web kom inloer...
No comments:
Post a Comment