Sunday, February 21, 2010

UIT MY ATELJEE nederigheid...

Nederigheid skuil in elke helder druppel reen- dit vra nie of ons dit verdien nie,of ons sleg of goed is nie, ryk of arm nie,sonder vooroordeel giet hy sy oorvloed van seen oor ieder en elk... laat ek net gou vir my n beker koffie gaan maak dan gesels ons verder.
Ek`s terug. In helse hitte gaan maak ons toe ons draai innie Klein Karoo... skaars hou ons voorie hek stil, word die hek glimlaggend vir ons oopgeswaai deurie vrou vannie huis.. en word ons oorrompel met oordadige liefde van ons twee kolliehonde!
Warm en natgesweet klim ons die skewe trappie af waar die koeligheid vannie ou vissershuisie ons soos ou geliefdes omhels- oppie groot kromgetrekte houttafel innie kombuis loer een vannie broodvetkoeke vir ons onner die wit netjie uit met n geur so eie, dat ons almal sommer net daar besluit om etenstyd te vervroeg-heelwat want dit was tien uur innie oggend!
Trots glimlag ons vrou vannie huis en beloof dat daar n lekker ou soetigheidjie innie yskas wag. Hoe kon ek tog nou maak? Met my 60ste verjaardag vlak voorie deur waarvoor ek wou maer word (net n onsie of paar) durf ek mos nie toegee aan die botteltjies versoekings wat so voor my bord staan en hyg om ge-proe te word nie?
Vye konfyt, appeliefie konfyt, appelkoos en kweper- eks mos n innige natuur liefhebber en hier voor my staan die vrugte so uit die natuur as kan kom.. toe proe ek algar!! Uiteindelik moes ek my taai vingers aflek en klaarkry want daar`s mos nog n surprise innie yskas dannie?
Die vrou vannie huis se yskasdeur kraak vadat sy hom die dag gekoop het, `is mar sy karakter` se sy. Ag Vader! haal sy n skottel oorlaai met yskoue turksvye klaar netjies afgeskil en tussenin le en wag reuse geelryp vye... kom spring die herinneringe van kleintyd in my hart vannie lang stok met n blikkie vooraan waarmee ek en boetie die stekerige turksvye moes afpluk- ek was nooit goed met mik nie, so ek`t hulle afgeslaan en met klippe probeer afgooi. Die stukkende vrugte het ek sommer self opgeeet dat ma nie moes sien hoe hulle verniel was nie. Daai dae het hulle nog verstopping tot gevolg gehad want ek moes maak of ek lus was virrie goed wanneer dit op tafel gesit is... my maag kon ok net SOVEEL vat!
Ek het nou weer innie Kaap gan draai, maar wou eintlik net se- so nederig soos n druppel reen, so nederig is ons vissermanshuisie se koeligheid, die koue soet turksvy en heelvy,ons honde se oe vol blydskap, die liefde en aanvaarding vannie mense van daai huisie.
En nederigheid se troumaat is dankbaarheid, soos in my Laventeltakke wat vanoggend laag buig innie welkome reen. Met genoeg dankbaarheid in ons siele het ons nie regtig nodig wat ons dink ons het nie. mooiloop in julle mooi dag...

Wednesday, February 10, 2010

UIT MY ATELJEE `met blydskap...

- dat ek in die fyn reentjie gaan staan met my kop agteroor om die druppels te proe en oor my te voel koel spoortjies maak. wat n wonderlike vroegoggend geskenk! toe jou boodskappe wat my hele dag sommer kom goud verf. ek mis jou en ons saamkuier koek eet, koffie drink, oor ons kunstalente te gesels en jou spesiale skaam laggie.
ek sien vreeslik uit om weer my voete onder julle tafel in te skuif en die kiddies te sien!het darem al mooi fotos van hulle afgelaai...
die krieke en paddatjies sing vimy so ek gaan nou buite innie tuin koffie drink uit my blommetjies blikbeker en my nuutste gedig klaarmaak. dan my toonnaels swart verf, swartrok oorgooi bolla maak en ek`s reg vir enige gebeurlikheid.
onthou om tyd te maak vir jouself, ons soort mens loop nie sommer hand aan hand met ander mense nie. ons geniet mos ons eie vreemdsoortige spasie of wat se ek? laat toe dat jou dag mooi word...

Tuesday, February 9, 2010

UIT MY ATELJEE `WHAT HAVE WE DONE...

NO PEACE NO EARTH NO BALANCE NO EARTH NO SONG FOR THE EAGLE...
why are we surprised by this terrible heatwaves, our dirty water, dried up flowers in our gardens, animals-dead along our roadsides from lack of water or food!!!
BECAUSE WE ALL FORGOT TO CARE. EVERYONE WANTS TO BE HIS OR HER OWN GOD AND WE`RE SO FULL OF OURSELVES WE THINK THAT NOTHING CAN TOUCH US. SURPRISE~~~little mistake here-
WE DID THIS TO OUR MOTHER EARTH AND TO OURSELVES.
WORSE-GOD PUT US IN CHARGE remember?

Thursday, February 4, 2010

UIT MY ATELJEE `ontdekking`

het julle al ooit `bottervisse in die jem` raakgelees? die interessante skrywe nooi jou letterlik om in Deon Meyer se ateljee jou lyf te gaan uitstrek soos n tevrede kat- ek het die storie nie minder as 4 keer gelees nie! gister druk ek per ongeluk die regte knoppie en n hele skrywers wereld vou hom voor my oop. was dit regtig ek wat nooit met n rekenaar iets te doen wou he nie...?
hoop julle het my eerste van vele gedigte gelees- onthou engelse vriende is net so
welkom hoor!
ingeval ek die naweek nie by my ateljee uitkom nie, geniet n wonderlike naweek en wees geinspireer vriende..

Wednesday, February 3, 2010

UIT MY ATELJEE...vandag

...verlang ek n hond uit n bos na ons vissermans huisie in die klein karoo!n regte egte ene-ek wil my twee skaaphonde se koppe vryf, in my kruietuine rondloop en my verlustig aan spinnerakke wat deur die nag innie laventel-bosse gespin is. dou druppels sien hang aan die blare, elkeen met sy eie klein reenbogie geweerkaats. hier en daar n blink druppel wat vimy se die feetjies is nog steeds aan die werk in ons blomme- ek lus om die ou kombuisvloer se skeefkrom koeligheid onder my voetsole te voel en by ons groot houttafel aan te sit met n erdeskotteltjie vol beskuit voor my aan my koffie te suie... klink dit nie hemels nie? wel dit is! nie dat ek nie dankbaar bly is om digby die see te bly nie, dis net dat daar so baie spore van my innie kleinkaroo rondle- groetnis aan almal wat op n stoep iewers innie wereld sommer na niemand sit en verlang. kom ons drink koffie en geniet die sonskyn, voelgesang en lewe!

Monday, February 1, 2010

UIT MY ATELJEE...

HALLO AAN JULLE ALMAL WAT PER ONGELUK OF MOEDSWILLIG BY MY ATELJEE INGESTROMPEL HET!! na ure se gesukkel is my gesels amper opgedroog van teleurstelling- maar dit daar gelaat.. (wil net vra, sukkel julle ous ok so om in jul bloghoekies in te kom?)
ek sit gelukkig nie voor die screentjie sonder om die see te ruik en op my vel te voel nie. hordes voels sit oppie tuin mure en oats eet en die Lavenders wieg rustig innie ligte wind..oats is goed vir cholestral, so dis dan seker net so goed virrie tuinvoels. met ons seisoene so deurmekaar gekrap weet die swaels nie of hulle op my stoep moet nes maak of waar nie, moddertjies virrie bouwerk is maar skaars hier in onse George moet ek se...
my skildery wat ek die dag na Xfees begin verf het lyk vimy al hoe beter. as ek klaar is pos ek n foto screentjie toe. die boek staan nogsteeds en wag by hoofstuk 23 want die muse se ek moet eers n gedig klaarmaak vir poetry institute- wil graag my penvruggies met iemand deel, is daar nog skrywers da buite wat wil kom lees? laat weet my en ons doen so!! met die lug so grys ennie berge toegehang met miskombersies dink ek dis tyd vir n beker koffie daar tussen die skulpe en kruie ennie feetjies. dan sal ek die verf dalk bietjie nader trek. julle ous moet n lekker dag he-as hy nie vijou so lekker lyk soos jy dit graag wil he nie, maak jou oe toe, gaan natuur toe en as jy trugkom, lyk jou dag heel anders~ laat weet van julle, sal enige taal probeer lees, promise!
ERNA ernaskryf.blogspot.com

UIT MY ATELJEE...

HALLO AAN JULLE ALMAL WAT PER ONGELUK OF MOEDSWILLIG BY MY ATELJEE INGESTROMPEL HET