die afgelope tyd was n tyd vir waai... hoe dan anders? Dis mos Herfs en waar kry jy n mooier seisoen..oppad biblioteek toe, moes ek opslag my sandale uitskop en die hopie droe blare met my groottoon innie lug skop net om lekker te kan kry as hulle so sag terugdwarrel grond toe. Hoeveel male het ek dit al in my lewe gedoen, uit pure verwondering!
Die afgelope week het ek soggens vroeg buite gesit en koffie drink om my voels dop te hou by hulle voerplek maar hulle nie raakgesien nie.. my eie goudkleurige herfsblare het saggies, versigtig deur ons Laventel en skulptuin gedans. Ons heel eerste herfsblare vandat ons hier by die see bly! ek was so bang hulle waai deur die hekkie, hulle moes net hier by my bly- ek wou dadelik my potlood en sketsboek gaan haal maar, soos alle dinge moet verbygaan en ons sommige dinge nie vir ewig kan vashou nie het ek van besluit verander. Ek sou hulle skoonheid indrink en die kleurvolle herinnering in my hart wegpak vir eendag wanneer ek oud is- wat n lieflike herinnering!
Oral in ons blyplekkie sal jy vere en droe blare in mandjies sien uitloer, hulle kom van ander plekke en maak baie herinneringe in my los..
So dra ek seevoel vere ook aan as ek hulle sien rondwaai oppie strand want so lief as wat ek is vir seevoels gaan ek dit nie regkry om n vlieende voel huistoe te sleep nie. Die vere moet maar doen...
Ja vir Adrian was daar ook die naweek n gewaaiery. Sy kinders wat hy drie jaar gelede gesien het was n paar dae hier uit Londen. Niemand weet wanneer hy weer die voorreg sal he om hulle te sien nie. Vir ons het hulle soos blare innie herfs.. in en verby gewaai, Vashou aan hulle kon hy nie, maar die kort tydjie het n hart vol aangename herinneringe gelaat.
Ek hou niks van herfs nie...dis soos einde van wat mooi is,soos die voorloper van lelike of slegte dinge...winter nog erger.
ReplyDeleteMy sielkundige sukkel baie meer in die winter om my op track te hou.
Ek is 'n somer man...dan sien ek meer kans vir die lewe met al sy shit...
herfs laat die uo dinge wegwaai en winter maak skoon vir lente se skoonheid en somer se geniet...
ReplyDeleteEk is MAL oor herfs, die natuur verander en kry die mooiste kleure, bruin, rooi, oranje ens. Winter is nog beter, wens ek kon iewers wees waar dit sneeu, dis 'n belewenis op sy eie. Herfs, die half kaal bome, dink moekie sal dit seker sooo mooi kan skilder.
ReplyDeleteabsoluut!!! voel ons dieselfde...
ReplyDelete