Hoekom fassineer vere my so?? ek loop hoeka neus innie lug vir geen ander rede nie, as dat ek dalk die gelukkige eienaar mag word van n dartelende veer van iewers uit die lug-mooi grys duifvere, klein sagte wit veertjies as ek baie gelukkig is, nou en dan n geel ene...
Ek klim deur doringdrade (al se die bordjie `oortreders sal vervolg word`)om agter n tarentaalveer aan te hardloop! Toe ek n paar jaar in P.E. gebly het was sonneblomme, groenmielies en tarentale n groot gemis in my lewe-
Soms waai n groterige wit veer ons woonstel binne, dit le net daar in die ligte roering vannie lug- hulle noem ek my engele.
So ontvang ek eendag my eerste `gestremde vere` n Jong man van langsaan, ook gestremd,
kom le een oggend n verkreukelde nat sakkie met die grootste afwagting en opgewon-
denheid in my hande. Binne in was n hoop sopnat gereende eendvere wat ek later met seer verwondering onder die kraan moes afspoel om die modder uit te kry. Dat hy so baie moeite gedoen het om in die reen en modder te loop en vere op te tel vir iemand wie hy nie eintlik geken het nie...
Ons word vyf jaar gelede `inkommers vanuit die Tranvaal` innie Klein Karoo- ywerig om ander kunstenaars te leer ken gee ons die eerste tree na die dorp se ateljee.
Mooigoed is oral uitgestal maaar wat sal ek eerste raaksien? die mooiste, kleurvolste volstruisvere! Soos n kind se verwondering in helder ballonne, so was my blydskap toe ek my gesig tussen al hierdie lieflike, sagte, groot vere druk- om later skatryk met n armvol terug te keer na ons wit vissershuisie, waar elke vertrek opgevrolik word met skelpienk, pers, rooi en groen vere. n Verwelkomings geskenk van een vannie Klein Karoo se bekende skilders.
Soos dit gaan in sulke klein `skinderbek-plekkies` klop n vrou n paar dae later aan ons deur. Persoonlik het ek haar nie geken nie, net raakgeloop en die Uniondale kop-
knik gedoen soos ou inwoners daar doen, veral as jy n inkommer is...
Dit was n nuwejaars oggend toe sy n pragtige goud/swart dosie na my uithou, met die woorde `ek het gedink jy sal hiervan hou` ek was versigtig om dit oop te maak, mens weet nie of daar eiers of dalk n kuiken of twee in kon wees nie.
i`m not finished yet!!
ReplyDeleteEk was nou heeeltemal gefasineer met die liefde vir vere, na 'n ruk kan selfs ek die vere begin sien as 'n pragtige unieke stukkie goud. Kan nie wag om nog te hoor nie, ek voel verslaaf om elke veertjie se storie en waar hy gevind word of hoe hy in moekie se besit gekom het te hoor/lees. Selfs die modder veertjies het skoon my hart aangeraak omdat die seuntjie soveel moeite daarmee gedoen het. En die engel veertjies dink ek kan enige iemand se dag verhelder.
ReplyDeleteag, hoe lekker bokspring my hart nou! gee tog jou fisiese adres vimy lat ek vijou n pienk veer kan stuur wat die hele winter sal inkleur... wat is jou blog adres? liefde daar by pa xxx
ReplyDeleteMy blogspot is thinkingriandra.blogspot.com. Sal graaaag di pienk veertjie ontvang :-D Posbus1190. Sal die groetnis vir di vader van my aanstuur. Liefdetjies
ReplyDelete