Vrolike blink druppels val vanuit die reen-gordyn wat oor ons vensters waterval! Sommiges beland in onderstebo skulpe wat op hulle ruggies tussen die plante le en bly wees...`bloeb-bloeb-bloeb`
Pers Laventelblomme dans aan slank stingels - gesiggies opgehef na bo en bedwelm my sinne met hul tipiese geur...
Jassielose swart spreeus sit kromrug, natgeveerd oppie muur waar oorskiet kossies vir hulle wag- sing, baklei, eet.. ek glimlag net want dis mos maar hoe kinders maak, dan nie?
Kattie sit oppie stoep en weier effens norserig om n draai te gaan loop `nie in hierdie nat grond nie` lees ek in haar verontwaardige kyk. Ontsteld roer sy haar snor en hakkel geirriteerde geluide om so, haar lus vir n spreeu te kenne te gee- as sy MY kon lees, sou sy ok weet, `nie in hierdie lewe sal jy een van my voel kinders vang nie.`
Soos ek reeds gese het, is dit n sous-nat wintersdag! n Dag vir kaneel! Enigiets met kaneel in gelaai met goedvoel dinge wat in die wonderlike spesery skuil- vir my, doen sjokolade dit net nie, probeer al jarre...!
Warm melk met kaneel, souskluitjies, Franse broodjies (liewe heksie broodjies) vir my kinders.
Ek gaan staan oppie nat stoep met toe oe en voel hoe die reendruppels op my gesig breek, oor my wange kronkel en oor my trui hulle laaste le kry.
Haastig draai ek om `laat ek net daai outydse resepteboek innie hande kry` praat ek met myself. Agter my kom kattie aangedraf, los modderspoortjies oorie vloer... haar draai het sy geloop.
Soos ek, deur ma se kaneelresepte, nou vir die hoeveelste winterdag, my eie spore gaan los.
Dit reen nie op die oomblik hier nie maar nou water my mond, is lus vir 'n pannekoek, gestrooi met kaneel. Ek het sopas my pienk veer gekry :D my dag word net beter en beter vandag. En die pragtige gediggie gaan ek hou vir altyd. As daar 'n boek op die rakke kom sal ek met graagte een van my eie koop. Liefde xoxo
ReplyDeletesulke woorde karring my siel wakker!!
ReplyDelete