Oudergewoonte stap ek vanoggend met my beker koffie woonkamer toe om rustig in ons eethoekie my lekkerte te gaan sit en afsluk- en daar sit sy- stil stil het sy haar kans afgewag om my te verras en sit sy ewe `cool` met haar mollige, sonskynlyfie oppie ronde tafel.
Waar gister nog koelte getalm het, wag sy nou met haar goudgeel kleed oopgesprei asof sy wil se `ek is hier, my naam is Winter, onthou jy?
Natuurlik is ek oombliklik opgewonde soos altyd, wanneer hierdie seisoens-vriendin uitgelate my woning binnestorm of soms stilweg bekruip soos nou... met haar skalkse glimlag.
Ek gaan sit langs haar en terwyl ek proe aan my skuimende koffie, vertel sy vir my van al die wonderlike dinge wat ons saam gaan doen!
Met my kamera gaan ons droe akker en populierblare rondjaag innie koue wind-
in die Klein Karoo sal ons n sneeuman bou en vuurmaak in ons vissershuisie se kaggel-en droom met die knetterende houtstompe-terwyl ons teenie aand se kant warmwatersakke soos van ouds, agter ons koue boude nestel...
Ek sal my rooi wolsokkies aantrek en agter Winter aanstap om die skoonheid in so baie kaalgestroopte bome in my sketsboek tuis te maak vir later se skilder...
Baie mooi gedig. Ek hou egter glad nie van Winter nie. My sielkundige dink ook my kop raas meer in die winter as in die somer...
ReplyDeleteNou is dit 'n tweede probeer slag, het nie password gehad nie.Jou woorde is ongelooflik mooi.Ek geniet dit baie, die winter nie my geliefkoosde nie, ek is verlief op die somer!Maar saam met die seisoene se verandering raak ons nooit verveeld of moeg vir ons omgewing nie, so ook nie vir ons klere kaste nie.Die ontwaking is elke keer verrassing.Ek beny jou vir wat ek in jou woorde lees.Ek nuut met die Blog ding, op die oomblik is website, Facebook, Twitter eers genoeg.Ek is reeds al te veel voor die rekenaar!!Mag jou woorde net bly uitspoel.
ReplyDeleteWow, dis ongelooflik mooi!! Ek is mal oor winter en die storie het my net opgewonde gemaak. Die winter het soveel stories, bly iemand vertel hulle. Orals is inspirasie, en wie beter om dit in woorde te sit as moekie.
ReplyDeleteSien uit na nog 'n meesterstuk
xoxo