Nederigheid skuil in elke helder druppel reen- dit vra nie of ons dit verdien nie,of ons sleg of goed is nie, ryk of arm nie,sonder vooroordeel giet hy sy oorvloed van seen oor ieder en elk... laat ek net gou vir my n beker koffie gaan maak dan gesels ons verder.
Ek`s terug. In helse hitte gaan maak ons toe ons draai innie Klein Karoo... skaars hou ons voorie hek stil, word die hek glimlaggend vir ons oopgeswaai deurie vrou vannie huis.. en word ons oorrompel met oordadige liefde van ons twee kolliehonde!
Warm en natgesweet klim ons die skewe trappie af waar die koeligheid vannie ou vissershuisie ons soos ou geliefdes omhels- oppie groot kromgetrekte houttafel innie kombuis loer een vannie broodvetkoeke vir ons onner die wit netjie uit met n geur so eie, dat ons almal sommer net daar besluit om etenstyd te vervroeg-heelwat want dit was tien uur innie oggend!
Trots glimlag ons vrou vannie huis en beloof dat daar n lekker ou soetigheidjie innie yskas wag. Hoe kon ek tog nou maak? Met my 60ste verjaardag vlak voorie deur waarvoor ek wou maer word (net n onsie of paar) durf ek mos nie toegee aan die botteltjies versoekings wat so voor my bord staan en hyg om ge-proe te word nie?
Vye konfyt, appeliefie konfyt, appelkoos en kweper- eks mos n innige natuur liefhebber en hier voor my staan die vrugte so uit die natuur as kan kom.. toe proe ek algar!! Uiteindelik moes ek my taai vingers aflek en klaarkry want daar`s mos nog n surprise innie yskas dannie?
Die vrou vannie huis se yskasdeur kraak vadat sy hom die dag gekoop het, `is mar sy karakter` se sy. Ag Vader! haal sy n skottel oorlaai met yskoue turksvye klaar netjies afgeskil en tussenin le en wag reuse geelryp vye... kom spring die herinneringe van kleintyd in my hart vannie lang stok met n blikkie vooraan waarmee ek en boetie die stekerige turksvye moes afpluk- ek was nooit goed met mik nie, so ek`t hulle afgeslaan en met klippe probeer afgooi. Die stukkende vrugte het ek sommer self opgeeet dat ma nie moes sien hoe hulle verniel was nie. Daai dae het hulle nog verstopping tot gevolg gehad want ek moes maak of ek lus was virrie goed wanneer dit op tafel gesit is... my maag kon ok net SOVEEL vat!
Ek het nou weer innie Kaap gan draai, maar wou eintlik net se- so nederig soos n druppel reen, so nederig is ons vissermanshuisie se koeligheid, die koue soet turksvy en heelvy,ons honde se oe vol blydskap, die liefde en aanvaarding vannie mense van daai huisie.
En nederigheid se troumaat is dankbaarheid, soos in my Laventeltakke wat vanoggend laag buig innie welkome reen. Met genoeg dankbaarheid in ons siele het ons nie regtig nodig wat ons dink ons het nie. mooiloop in julle mooi dag...
Wens ek was daar...
ReplyDeleteEk mis die karoo,wes kaap,berge,see,julle...
ReplyDeleteGaan verseker aansoek doen vir poste daar rond...
Klerksdorp het my lewe...never mind...
hang af wat jy met jou wil saamdra of NIE WIL saamdra nie...
ReplyDelete