Wednesday, February 3, 2010

UIT MY ATELJEE...vandag

...verlang ek n hond uit n bos na ons vissermans huisie in die klein karoo!n regte egte ene-ek wil my twee skaaphonde se koppe vryf, in my kruietuine rondloop en my verlustig aan spinnerakke wat deur die nag innie laventel-bosse gespin is. dou druppels sien hang aan die blare, elkeen met sy eie klein reenbogie geweerkaats. hier en daar n blink druppel wat vimy se die feetjies is nog steeds aan die werk in ons blomme- ek lus om die ou kombuisvloer se skeefkrom koeligheid onder my voetsole te voel en by ons groot houttafel aan te sit met n erdeskotteltjie vol beskuit voor my aan my koffie te suie... klink dit nie hemels nie? wel dit is! nie dat ek nie dankbaar bly is om digby die see te bly nie, dis net dat daar so baie spore van my innie kleinkaroo rondle- groetnis aan almal wat op n stoep iewers innie wereld sommer na niemand sit en verlang. kom ons drink koffie en geniet die sonskyn, voelgesang en lewe!

1 comment: