Wednesday, February 10, 2010

UIT MY ATELJEE `met blydskap...

- dat ek in die fyn reentjie gaan staan met my kop agteroor om die druppels te proe en oor my te voel koel spoortjies maak. wat n wonderlike vroegoggend geskenk! toe jou boodskappe wat my hele dag sommer kom goud verf. ek mis jou en ons saamkuier koek eet, koffie drink, oor ons kunstalente te gesels en jou spesiale skaam laggie.
ek sien vreeslik uit om weer my voete onder julle tafel in te skuif en die kiddies te sien!het darem al mooi fotos van hulle afgelaai...
die krieke en paddatjies sing vimy so ek gaan nou buite innie tuin koffie drink uit my blommetjies blikbeker en my nuutste gedig klaarmaak. dan my toonnaels swart verf, swartrok oorgooi bolla maak en ek`s reg vir enige gebeurlikheid.
onthou om tyd te maak vir jouself, ons soort mens loop nie sommer hand aan hand met ander mense nie. ons geniet mos ons eie vreemdsoortige spasie of wat se ek? laat toe dat jou dag mooi word...

4 comments:

  1. ons moet beslis die klein dingetjies in die lewe waardeer,raaksien en najaag!

    ReplyDelete
  2. Dis pragtig Moekie! Baie spesiaal!xxx

    ReplyDelete
  3. UITEINDELIK OP JOU BLOG INGEGAAN.
    EK IS SEKER CHRISTO HET HIERDIE EEN BAIE WAARDEER.
    LIEFDE
    MARELI

    ReplyDelete
  4. as ek kon sou ek vir julle elkeen n groot, geel sonneblom wou gee... voorlopig hoop ek daar val n saadjie iewers in julle harte!!

    ReplyDelete